ONDERSTEUN FELICITAS SKOOL

Wat is MySchool MyVillage MyPlanet?

MySchool MyVillage MyPlanet is Suid-Afrika se grootste gemeenskapsondersteuningsprogram wat fondse insamel vir skole en liefdadigheid om sodoende opvoedkundige en maatskaplike ontwikkeling te verbeter. MySchool laat enigeen toe om fondse in te samel vir hulle gunsteling skool of liefdadigheidsorganisasie. Dit is regtig so maklik!

Doen vandag aansoek vir ‘n MySchool MyVillage MyPlanet-kaart. Dit is gratis vir jou. Gee jou kaart by kleinhandelaars regoor die land elke keer as jy koop. Die winkel skenk dan namens jou ‘n persentasie van jou transaksie aan jou gekose begunstigde.

Hoe werk MySchool MyVillage MyPlanet?

••• Kry ‘n gratis kaart aanlyn of skakel 0860 100 445. Jy kan ook by enige Woolworths-winkel ‘n kaart kry.

••• Nomineer jou skool of liefdadigheidsorganisasie as die begunstigde.

••• Gee jou kaart wanneer jy aankope doen by enige van die deelnemende vennote (hierdie sluit in: Woolworths, Engen Quickshops, Toys R Us, Waltons, Reggie’s, kalahari.com, Power24 en meer).

••• Die vennoot sal ‘n persentasie van jou transaksie aan jou begunstigde skenk!

Voordele van MySchool Kaart

Kontak MySchool My Village MyPlanet

Webwerf: www.myschool.co.za

E-pos Kliëntedienste: cs@myschool.co.za

Telefoon: 0860 100 445

Faks: 0866 822 833

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet

Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen

Vind plaaslike vennote in jou area

Koop by deelnemende vennote om sodoende fondse bymekaar te maak vir jou begunstigde

Elke Transaksie Tel!